Kultuurgroep

REDENAAR- EN DEBATSVERENIGING

MP spog met ‘n span uitstekende redenaars en debatteerders wat elke jaar van krag tot krag gaan.  Die afgelope jaar het dit weer eens bewys.

Enkele hoogtepunte van 2008: ATKV-REDENAARS EN -DEBATKOMPETISIE

Redenaars
Eerste rondte
: MP bied die Eerste Rondte van die ATKV – redenaarskompetisie vir Eerste – sowel as Addisionele  Taal – leerders aan. 80 deelnemers uit 10 verskillende skole neem deel.
Evan Gilbert word as reserwe in die kategorie vir Addisionele Taal (Seniors) aangewys.
Ook die Huistaalsprekers het hul kant gebring. Anika Kemp en Charlize van Wyk dring deur tot die Halfeindrondte van die Senior Huistaalsprekers terwyl Elana de Beer en Nadia Kruger die Halfeindrondte vir Juniors haal.

Die Halfeindrondte word ook deur Monument Park aangebiedDit behels Laer- sowel as Hoërskoolleerders uit  die suidwestelike deel van Wes-Kaap. Leerders wat hier wen, dring deur tot die Eindrondte wat in Pretoria gehou word.

Debat
Monument Park bied ook die eerste Rondte van die ATKV Debats-kompetisie vir Juniors en Seniors aan.  Skole teen wie daar meegeding is, is onder andere Hoërskool DF Malan, Stellenberg, De Kuilen, Durbanville, Brackenfell, Jan van Riebeeck en Stellenbosch.


MOMENTUM

Die skoolkoerant, Momentum, het reeds in 1991 die lig gesien.  Sedertdien het dit verskeie gedaanteverwisselinge ondergaan en tot ‘n volwaardige koerant ontwikkel.

Die koerant is die mondstuk van die Parkieleerders en raak ‘n groot verskeidenheid onderwerpe aan. Daar is tans 200 intekenare en die getal groei jaarliks. Intekengeld is R 30 en word aan die begin van die jaar betaal.

Die Momentum-redaksie onder  leiding van die baie entoesiastiese en bekwame Redaktrise, Dominique Gilliomee, sorg vir die uiters interessante en aktuele inhoud van die koerant.  Dit  word deur twee redaksielede, Ruan Vermaak en Jasper Jordaan,  met  die skool se drukker gedruk. Die bladuitleg word steeds deur ‘n oudredakteur van Momentum, Helene Cerff, gedoen.

Die Redaksie beoog verskeie vernuwings onder andere om meer bladsye in kleur te druk.

Die NSP-Koerantkursus van Die Burger is in 2008 weer eens by Monument Park aangebied. Verskeie skole het die kursus bygewoon en dit baie geniet. Die Momentumredaksie het ‘n reuse-aandeel in die organisering van die kursus.

NOODHULP

Die noodhulpspan is teenwoordig by elke sportbyeenkoms en bestaan uit 8 leerders met vlak 3 sertifikate. Die skool beskik oor verskeie noodhulptoerusting wat ook gebruik word vir dag-tot-dag behandeling van ongevalle, by die skool. Daar is ook te alle tye ‘n onderwyser wat toesig hou – onderwyser in beheer: Ms S Madden. Die span tree ook op as ER-personeel by groot byeenkomste. Geleenthede vir opleiding is beskikbaar.


ACSV

Monument Park is ‘n Christelik gefundeerde skool en baie ernstig om leerders die geleentheid te bied om aan ‘n vereniging soos die ACSV te behoort. ‘n Spesiale ACSV-periode is dus ingeruim waaraan  70% van die Monumentparkers deelneem. Die periode is een uur lank en ‘n gebalanseerde program met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite word aan die leerders gebied.  Geestelike spanne besoek die skool gereeld om leerders aan te moedig om hul geloof te beoefen en te help as daar probleme is.